SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

ROOI JAN REEKS - SIRKEL BOEKE

Die Rooi Jan reeks speel af gedurende die Groot Trek. Die hoof karater in die storie is Rooi Jan wat kragtig gebou is soos 'n wafferse Tarzan homself. Hy is slegs bewapen met 'n vlymskerp jagmes, vuurslag, tonteldoos en 'n gebreide osriem oor sy linker skouer en om sy bolyf gedraai. Saam met hom is 'n grysvaal hond met die naam van Leeu asook sy glimmende swart hings genaamd Blits. Sedert Rooi Jan vir Jeanette gered het uit die greep van inboorlinge is hulle onafskeidbaar saam op soek na aksie en avontuur. Hulle beleef dan ook die een na die ander baie interessante ondervinding. Hulle moet byvoorbeeld jong Trekkers wat geheimsinnig verdwyn het weer opspoor, 'n eienaardige vrekte onder die Trekkers se vee ondersoek en raak hulle ook op 'n keer deurmekaar met wapensmokkelaars. Dit en vele ander gevare moet hulle trotseer en soms wonder mens of hulle ooit lewendig ander kant gaan uitkom. Niemand hou egter rekening met die krag, moed en verstand van Rooi Jan nie, want hy is nie verniet di e Trekkers se bobaas spioen en ook 'n kranige leier van die Trekkers nie.

Die Rooi Jan reeks het baie gou die verbeelding van sy, veral jonger lesers aangegryp, alhoewel baie mense en veral die ouer geslag nie baie ooghare gehad het vir die betrokke reeks nie. Ten spyte daarvan is die reeks verskeie male uitgegee gedurende die vyftiger tot die tagtiger jare en seker die meeste kere herdruk van alle reekse. So ver vasgestel kon word sewe maal in totaal. Die hele reeks was egter nie elke keer uitgegee nie. Die eerste paar maal was slegs die eerste 24 boeke van die totaal van 40 boeke uitgegee, later is die reeks uitgebrei met 'n verdere 16 boeke en met die laaste uitgawe in die tagtiger jare, is net 32 van die 40 boeke weer uitgegee deur Sirkel Publikasies.

Casper H. Marais (Reinhard Hendriks) het die reeks geskryf en baie gou groot gewildheid verwerf met die betrokke reeks. Rooi Jan boeke is vandag hoog in aanvraag en feitlik onmoontlik om nog op te spoor, weens die gesogtheid daarvan by sagteband versamelaars en ook ander belangstellendes in die gegewe reeks. Vergeleke met die oorspronklike volgorde is die Sirkel uitgawes baie deurmekaar uitgegee en is van die titels ook verkort. Kyk gerus na "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

Skrik van die wildernis - Casper H. Marais (1980's)Smokkelaars van Dingaan - Casper H. Marais (1980's)
1. Skrik van die wildernis - Casper H. Marais (1980's) 2. Smokkelaars van Dingaan - Casper H. Marais (1980's)

Die kopjagters - Casper H. Marais (1980's) Die woestaards van Tierberg - Casper H. Marais (1980's)
3. Die kopjagters - Casper H. Marais (1980's) 4. Die woestaards van Tierberg - Casper H. Marais (1980's)

Die wit renegaat - Casper H. Marais (1980's) Die rooilem-moordenaars - Casper H. Marais (1980's)
5. Die wit renegaat - Casper H. Marais (1980's) 6. Die rooilem-moordenaars - Casper H. Marais (1980's)


Die heilige grot - Casper H. Marais (1980's) En die rowers - Casper H. Marais (1980's)
7. Die heilige grot - Casper H. Marais (1980's) 8. En die rowers - Casper H. Marais (1980's)

Deur vloedwaters en vlamme - Casper H. Marais (1980's) Die vloek van Grootrivier - Casper H. Marais (1980's)
9. Deur vloedwaters en vlamme - Casper H. Marais (1980's) 10. Die vloek van Grootrivier - Casper H. Marais (1980's)

Die dag van afrekening - Casper H. Marais (1980's) Die swart kommando - Casper H. Marais (1980's)
11. Die dag van afrekening - Casper H. Marais (1980's) 12. Die swart kommando - Casper H. Marais (1980's)


In die leeu kuil - Casper H. Marais (1980's) Slaags met 'n gruwelbende - Casper H. Marais (1980's)
13. In die leeu kuil - Casper H. Marais (1980's) 14. Slaags met 'n gruwelbende - Casper H. Marais (1980's)


Jagters van die wit hart - Casper H. Marais (1980's) Die gifdraers - Casper H. Marais (1980's)
15. Jagters van die wit hart - Casper H. Marais (1980's) 16. Die gifdraers - Casper H. Marais (1980's)


Die swart arend - Casper H. Marais (1980's)Die skedeldraers - Casper H. Marais (1980's)
17. Die swart arend - Casper H. Marais (1980's) 18. Die skedeldraers - Casper H. Marais (1980's)


Die valk - Casper H. Marais (1980's)Nag van onheil - Casper H. Marais (1980's)
19. Die valk - Casper H. Marais (1980's) 20. Nag van onheil - Casper H. Marais (1980's)


Skeur van die dood - Casper H. Marais (1980's)Maanhaar van die berge - Casper H. Marais (1980's)
21. Skeur van die dood - Casper H. Marais (1980's) 22. Maanhaar van die berge - Casper H. Marais (1980's)


En die vampiere - Casper H. Marais (1980's) Sluipers van die slykmoeras - Casper H. Marais (1980's)
23. En die vampiere - Casper H. Marais (1980's) 24. Sluipers van die slykmoeras - Casper H. Marais (1980's)


Die wit mamba - Casper H. Marais (1980's)Die swart boesmans - Casper H. Marais (1980's)
25. Die wit mamba - Casper H. Marais (1980's) 26. Die swart boesmans - Casper H. Marais (1980's)


Spore van die aasvoël - Casper H. Marais (1980's) Die swart boogskutters - Casper H. Marais (1980's)
27. Spore van die aasvoël - Casper H. Marais (1980's) 28. Die swart boogskutters - Casper H. Marais (1980's)


Bloedspoor van die goue stoel - Casper H. Marais (1980's) Dag van die groot slagting - Casper H. Marais (1980's)
29. Bloedspoor van die goue stoel - Casper H. Marais (1980's) 30. Dag van die groot slagting - Casper H. Marais (1980's)


Muiters van die swart arend - Casper H. Marais (1980's) Heerser van die oerwoud - Casper H. Marais (1980's)
31. Muiters van die swart arend - Casper H. Marais (1980's) 32. Heerser van die oerwoud - Casper H. Marais (1980's)

Copyright © 2022 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 4 Oktober 2022